Die swakste restaurant in die heelal

Jaco Jacobs & Dale Blankenaar
Voorraad: 10 Beskikbaar
SKU: 1268
Kode: 9780799388817
R205,00

Kom eet by die swakste restaurant in die heelal.

Vind uit wat gebeur as jy met supergom aan die mooiste meisie in die skool vasgeplak word.

Ontmoet die seun wat Arnold Schwarzenegger se springmielies geëet het.

Gee vir tannie Breggie 'n ou soentjie - as jy dapper genoeg is!

En ontdek hoe 'n bol kougom die wêreld kan red ...

Giggel, gil, brul, proes, snork en skater van die lag met hierdie versameling skreeusnaakse stories uit die pen van Jaco Jacobs.