Die Pentateug
Skrywer: W. Brotherton, V. Correia, M. Diedericks, P. le Roux, G. Meijer, H. Noëth & J. Oosthuizen
SKU: 1770
Kode: 9781928269618
Die Pentateug dien as die basis van die hele Skrif. Sonder 'n diep kennis van die Pentateug word gedeeltes in die Nuwe Testament maklik buite konteks aangehaal.
Die bedoeling van hierdie boek is om 'n persoon te lei na die Bybel en ook dieper selfstudie van die Bybel. Kundiges op verskillende teologiese terreine het saamgewerk aan hierdie publikasie en die eenvoud waarmee dit geskryf is begelei 'n persoon op 'n opwindende wyse deur die verskillende gedeeltes in die Bybel. Die poging om die heilshistoriese lyn vanuit die Ou Testament tot by die Nuwe Testament aan te dui, kom baie mooi na vore binne elke hoofstuk. Interessanthede wat so maklik mis gelees word, word binne elke hoofstuk uitgelig en verryk 'n mens se verstaan van die verskillende gedeeltes.
'n Boek wat geskik is vir selfstudie of groepsbybelstudie wat geleentheid bied vir talle besprekingspunte.