Bartho Smit het 'n waagstuk onderneem om uit die bekende ou Andersen-sprokie van die kaal keiser 'n variasie te versin wat enersyds so ná as moontlik aan die oorspronklike bly en andersyds tog in 'n aanvaarbare moderne konteks geplaas word - sonder dat dié uiteenlopede "wêrelde" mekaar teenspreek.
Deur dit in 'n moderne Afrika-land te plaas en bekende uitspattighede vna ons tyd as uitgangspunt te neem, slaag hy daarin om 'n situasie wat by die eerste aanblik totaal fiktief en buitendporig voorkom, verrassend geloofwaardig te maak. Die realistiese, dei satiriese en die simboliese is uitstekend gerym - en dit was 'n geniale vonds om de wewer ook as rebllieleier te gebruik.
In 'n baie besondere sin is die stuk ook teatergerig: nie net omdat die situasie van 'n "dress parase", 'n spel vna konings en narre, so 'n oer-teatrale gegewe is nie, maar omdat 'n oënskynlik hoogs envoudige situasie algaande verdiep tot besondere kompleksiteit.
Gelsaagd is ook die wyse waarop die stuk algaande 'n groter verskeidenheid van "tone" verkry: terwel sit soms onverbloemd komies is, verkry dit ook sterk spanningsmomente, en veral in die derde bedryf 'n ontroerende filosofiese dimensie - wat tog steeds suiwer in terme van die dramatiese gegewe funksioneer.