Die Boek Openbaring

Skrywer: V.E. d'Assonville sr.
Uitgawe: 2006
Grootte: A5
Bladsye: 222
Voorraad: 1 Beskikbaar
SKU: 0503
Kode: 9780620375175
R125,00

In die boek Openbaring in die Bybel is daar sewe saligsprekinge. Vir hulle wat die laaste boek in die heilige Skrif lees, is die eerste saligspreking uiters belangrik: “Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby” (Op. 1:3)

Die boek Openbaring word op vyf plekke deur homself duidelik as ‘n profesie beskryf. Met ander woord, dit is enkel en alleen die woorde van God en nie van ‘n mens nie. Hier is absoluut geen plek vir die idees en sienswyses van die mens nie. En God se profesie gaan nie alleen oor die toekoms nie, maar ook oor die verlede en die hede.