Die boek is ’n profesie (Openb. 1:3) met kenmerke van ’n brief aan Christus se kerk (Openb. 1:4). ’n Profesie se een belangrike kenmerk is die volgende woorde: “So sê die Here” (Jes. 38:5; Jer. 2:1). ’n Profesie gaan oor die verlede en die hede en die toekoms. Ons kan dus Openbaring nie lees asof die boek net oor die toekoms gaan nie. Ons het nodig om te lees oor en te luister na wat God vir ons oor die verlede, die hede en die toekoms sê.