Christelike Vakwetenskap

Skrywer: Dr. M. Diedericks, F. de Wet, C. Le Hanie, M. Lubbe, E. Lubbe, R. Botha, J. du Plessis, Dr. A. van Rhyn, A. Hall
Uitgawe: 2020
Grootte: A5
Bladsye: 123
Availability: 1 in stock
SKU: 2037
Manufacturer part number: 9780639835099
R160,00

'n Christelike wetenskapsbenadering is nie 'n wêreldvreemde benadering nie, maar eerder 'n kritiese benadering wat alle idees, gedagtes, teorieë van alle persone en denkwyses, insluitende die van die dosente, onder die gesag van Christus stel. In hierdie poging erken Aros-dosente dat almal onder dissipelskap van Jesus Christus is en dat ons werke, wat akademiese werke insluit, studente se oë op die Skepper moet rig. Hierdie taak is 'n groot voorreg en by Aros neem die dosente die vrymoedigheid om hierdie taak uit te voer. Die fokusareas wat in hierdie boek bespreek word, bestaan uit tale, wiskunde, assessering, opvoedkundige sielkunde, reformatoriese lewensvisie en kurrikulumstudies.