Saartjie Omnibus 3

Bettie Naudé
Uitgawe: 2014
Grootte: A5
Bladsye: 394
Availability: 1 in stock
SKU: 1474
Manufacturer part number: 9780798166799
R215,00

In hierdie omnibus, wat drie boeke van die gewilde Saartjie-reeks bevat, ontmoet ons vir Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë. 

In Saartjie se papegaai hou Saartjie en Anna vakansie by die see. Daar ontmoet die twee meisies 'n intersante ou seeman wat die sewe oseane deurkruis het, asook sy baie ongewone papegaai, Alfonso.

In Saartjie se held word die seuns uitgedaag om teen die meisies netbal te speel, meer Gilpil en sy maats ken net rugby en op die ou end durf die twee spanne mekaar sonder enige spelreëls aan. Intussen is Saartjie ook baie opgewonde oor 'n nuwe fliek van haar gunsteling Hollywood-ster. 

En in Saartjie se geveg tel Saartjie en Apie 'n rondloperhondjie op. Hulle wil hom albei dolgraag hê, maar kom ooreen dat die brakkie self moet besluit wie sy baas gaan wees. Intussen kla 'n knorrige nuwe buurman dat die hond dissipline geleer moet word - nes Saartjie-hulle!

 Saartjie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word!