Bella Bromvoël is een van die mooiste diere van die veld. Maar ai, so baie ander diere is jaloers op haar helder kleure, haar pragtige snawel en haar statigheid. Hulle sê sy hou haar windmakerig omdat sy so regop en neus-in-die-lug stap. Dit maak Bella baie hartseer. Sy wil ook graag maats hê, want dis glad nie waar dat sy haar spoggerig hou nie. Op ’n dag gebeur daar iets vreesliks op die oop veld waar al die diere woon. Dis Bella se kans om te wys sy het ’n sagte, hulpvaardige hart en verdien nie die ander diere se gespot en beledigings nie.
’n Leersame boek vir kinders van alle ouderdomme … met interessante bromvoëlfeite en ’n lekker lys van woorde wat jy in die storie teëkom – om jou perfek te leer spel.