Arnelia is vasbeslote om 'n nuwe blaadjie om te slaan. Nuwe skool. Nuwe dorp. Operasie Nuwe Arnelia. Ongelukkig loop haar planne van die begin af skeef. Maar dankie tog vir nuwe vriende soos Dineo, Ilana en Shaun wat die daaglikse dramas van haar lewe ietwat draagliker maak. En dan is daar Dewald. Die donkerkop-boerseun met die skewe glimlag wat weet hoe om crêpes suzette, tiramisu en uiekonfyt te maak. Hy laat Arnelia se hart vreemde dinge doen, al weet sy hy sal nie twee keer na 'n meisie soos sy kyk nie.
Toe Dewald se lewe onverwags op sy kop om gekeer word, gryp Arnelia en haar vriende in. Danksy 'n ou geel kombi, 'n winkelpop genaamd Saartjie en 'n klomp fantastiese resepte begin hulle 'n mobiele snoepie by die skool.
Maar Arnelia is al gewoond daaraan dat dinge nooit hééltemal uitwerk soos sy beplan het nie.