Akademiese Geletterdheid - Riglyne vir akademiese skryfwerk
Akademiese geletterdheid is noodsaaklik vir akademiese prestasie. Daar word van studente verwag om 'n verskeidenheid akademiese tekste met begrip te lees. Studente moet ook hulle eie argumente kan konstrueer en hulle kritiese denkvermoë in die vorm van 'n akademiese teks aan 'n leser illustreer. Akademiese geletterdeheid beteken dat studente as onafhanklike akademiese skrywers kan funksineer wat navorsing op 'n gestruktureerde, goed geformuleerde en logiese wyse kan weergee.
In hierdie handboek word studente nie net toegerus met kennis en vaardighede om die genre van akademiese skrywerk te begryp nie; die samestelling van die boek kan ook meehelp dat studente onafhanklike beoefenaars van hierdie genre word.
Studente word begelei om:
• die skryf van akademiese tekste op 'n sistematiese wyse te benader;
• opdragte te ontleed en te beplan;
• relevante vakinhoud in te samel;
• vakinhoud met begrip te lees;
• navorsing, kennis en afleidings op 'n gestruktureerde wyse in goed geformuleerde taal weer te gee sodat dit 'n samehangende geheel vorm; en
• terugvoer op akademiese tekste te verwerk te einde as akademiese skrywers te groei.